Leipold op die plaaswerf

9 05 2008

Ek google “Leipold+gedigte” die ander dag om te sien of ek nie meer kan leer van Leipold en van die gedige wat hy geskryf het nie. Dis toe dat ek op die skakel sowat 5 de van bo waar iemand sy Oktobermaand gedig gepost het in die forum van n sekere webtuiste met die naam http://www.boerevryheid.co.za/.

Dit laat my toe dink wat Leipold se mening sou gewees het oor die webblad en al hulle “slim planne” veral na ek Kannemeyer se boek oor sy lewe gelees het. Dit sal ons nooit weet nie maar een van die boodskappe wat my nogal laat lag het is die heel laaste een.

Die laaste boodskap is geskryf deur: “Boere Staatsman (Kampkommandant Volksregister, Moderator)” – “Ons volks gedigte moet weer hulle regmatige plek in ons volks lewe begin inneem en veral onder ons jeug.” Daarna die woorde: “Hoog die VierKleur” en die beste van als n skakel wat jou neem na n webtuiste van n plek wat begrafnis dekking verkoop. Dalk moet die mense wat die tuiste geskep het en onderhou, liewer saam werk en n niewe webblad skep wat juis die standpunt van “Boere Staatsman” sal bevorder.

Laastens lees ek op die Wie is ons blad die volgende:

Die Plaaswerf (die webwerf http://www.boerevryheid.co.za) is ‘n bymekaarkomplek vir lede van die Boerevolk – met die doel om die Volk te verenig om sodoende ons onafhanklikheid te verkry.

Een van die vereistes om in die oe van die internasionale gemeenskap as ‘n volk erken te word, is dat die volk wat dit eis, bewese steun moet kan toon.
Met hierdie doel (onafhanklikheid van die Boerevolk) is die Boerevolk Vryheidstigting (BVS) in 2005 gestig.

Hierop het Leipold wel n mening wat een van my gunsteling aanhalings is:

“Die edele mens sien verder als sij werf, verder als sij land, verder als die drimpel van sij eie gevoelens. Sij blik omhels die wereld, en vir hom is die mensdom, – en nie die volk, die famielie, of die partij nie, – die eerste en grootste belang”

- C. Louis Leipold